Sunday, September 03, 2006

Ek kry vannaand dié in my inbox:

Geagte aanhangers, psigotiese vrinne en eienaars van selfbehepte,kleinlike en gebruikersgedrewe lewens. Vir jul plesier en tydverdryf, my handleiding oor Situasies. 'nUitgawe van gemors, gegorrel uit my onuitputbare bron van sarkasme enberugte lewenservaringe.
Groetnis
LM

Hoe om korrek op te tree wanneer jy jou gunsteling Afrikaanse sanger ontmoet:

Wanneer u die gewilde minnesanger Dozi raaksien, kyk op... anders sal hy jou nie sien nie. Maak seker u spreek die "z" korrek uit. Dit is slegte smaak om hom uit te vra oor hoekom sy asem so stink. Moet ook nie woorde gebruik wat meer as 3 lettergrepe bevat nie, praat stadig en duidelik en in Zulu. Onder geen omstandighede moet jy 'n drukkie aanvaar nie, geen homo sapien sal meer as 2 sekondes onder sy suur kieliebakke oorleef nie.

Daar is hope meer, maar alles in die verloop van onrusbare tyd!