Monday, August 21, 2006

Vakansie foto's

Dit is seker hoogtyd dat ek foto's van my vakansie post. Dit was weer heerlik om vir 4 weke van die kampus te kon verdwyn en net weer te hoor daar ís nog Afrikaans elders in Suid-Afrika. Soms voel dit of die land deur Engels oorheers word.

Ek was vir 'n naweek by my niggie-hul in Somerset Wes en ná 'n dag van mini-gholf het ons in die Cape Town Fish Market gaan eet. Hier is klein Caro toe ons in die vismark was.

Ek het ongelukkig geen foto's van my in die nuuskantoor by Die Burger nie en ook nie toe ek die aand deurnag by RSG saam met Lynette Francis gedoen het nie. Ai, as mens nou lui is om foto's te neem, moet jy mos maar weet!

Die storie wat ek in Humansdorp gedoen het oor die spook in die plaaslike museum was iets interessant.

Hier is (v.l.n.r) ek met die siener Yvonne Naudé en die kurator, Sandra Diedericks. Die poppe in die agtergrond spook glo en Yvonne sê sy kan 'n teenwoordigheid in dié vertrek aanvoel.