Tuesday, July 25, 2006

Nóg Chuck!

En so op die onderwerp van Chuck...
Een van Afrikaansboytjie op Rhodes se lesers, JC Reese, stuur vir my hierdie foto aan. Dankie JC!

Monday, July 24, 2006

Brad and Angelina's Baby... Little Chuck


Renske Jacobs stuur vir my hierdie foto aan... enough said...

Thursday, July 20, 2006

'n Ander tipe Kerk

OK, so ek het my mind opgemaak oor die kerkbyeenkoms wat ek Sondag bygewoon het. Ek was lanklaas in 'n NG Kerk en die manier hoe dinge gedoen is, het my bietjie verstom...
Eers kom oom dominee met 'n verspotte pakkie klere aan, wat herinner aan dié van 'n katolieke priester. Selfs met die groot kruis wat om sy nek hang, het hy my lagspiere so nou en dan gekielie.
Ek het eers gestres dat ek nie 'n Bybel en gesangboek kerk toe gebring het nie, maar duidelik was die screen met die animasies en prentjies en lirieke daar sodat almal kan lees.
Wat ek wel die oom moet toegee, is dat hy die sleutelwoorde van sy preek tussendeur op die skerm geflits het, wat goed gewerk het. Ek kon sy preek duidelik volg, sonder misverstande, en baie van die goed bly by nou nog by... iets wat nie altyd gebeur nie.
'n Tannie het vir die kindertjies wat gedoop is, gesing. Dit was natuurlik mooi en het seker goed bygedra tot die Kerklike Konsertbeeld.
Maar die hoogtepunt vir my, was toe daar hande geklap is. My eerste keer wat ek dit in 'n NG Kerk beleef het. Ek sien niks daarmee verkeerd nie, maar wat moet ek aflei uit sulke gedrag?

Tuesday, July 18, 2006

How good is your brain #5

One of my dearest friends, Roanda Goosen, sent me this and the following interesting pictures. I wish she would send me a photo of herself while she is enjoying her obroad.

What do you see?

You probably read the word ME in brown, but...
when you look through ME you will see
YOU!
Do you need to look again?

How good is your brain #4

What do you see here?

The word TEACH reflects as LEARN.

How good is your brain #3

What do you see?

You may not see it at first, but the white spaces read the word optical, the blue landscape reads the word illusion. Look again! Can you see why this painting is called an optical illusion?

How good is your brain #2

What do you see?

In black you can read the word GOOD, in white the word EVIL (inside each black letter is a white letter). It's all very physiological too, because it visualize the concept that good can't exist without evil (or the absence of good is evil ).

How good is your brain #1

Lees so vinnig as moontlik die onderstaande driehoek...

Het jy die fout gesien? Lees weer!

Vanoggend op kantoor

My eerste storie is pas uitgesaai en almal in die nuuskantoor (ek natuurlik ingesluit) is in vervoering oor die groentjie wat sy eerste storie by die SABC gedoen het. Die storie was oor Madiba se 88ste verjaarsdag en wat die Oos-Kaapse kinders van dié groot man dink.
Beide RSG en SAfm het die storie vanoggend gebruik.
Ek geniet radio vreeslik baie... Nou vir TV om te volg!

My first story was aired this morning on Afrikaans RSG and English SAfm and everyone (including me, of course) is in a big hype about this little one that has joined the SABC News Department a week ago and had his first story on air. The story was about Madiba and his 88th Birthday.

Happy 88th Birthday, Madiba!

Monday, July 10, 2006

My vakansiewerk

En hier sit ek nou. In die SABC kantoor in PE. Lekker!
Alles hier is so opwindend...
Radio en TV word saam gedoen. Ek was vanoggend saam met radiojoernalis Veronica Fourie en TV-verslaggewer Janine Lee uit op 'n storie in die townships buite PE. Die storie: Tydens die jare van groot onrus het die mense in die towships hul huise oor geverf sodat die veiligheidspolisie nie die nommers op hul huise kon herken nie. Vandag is talle van die huise met nommer gemerk sodat die ambulans en polisie vinniger die plekke kan vind.
Die storie word hopelik vannaand op TV News, Nuus en môre op RSG uitgesaai.