Thursday, July 20, 2006

'n Ander tipe Kerk

OK, so ek het my mind opgemaak oor die kerkbyeenkoms wat ek Sondag bygewoon het. Ek was lanklaas in 'n NG Kerk en die manier hoe dinge gedoen is, het my bietjie verstom...
Eers kom oom dominee met 'n verspotte pakkie klere aan, wat herinner aan dié van 'n katolieke priester. Selfs met die groot kruis wat om sy nek hang, het hy my lagspiere so nou en dan gekielie.
Ek het eers gestres dat ek nie 'n Bybel en gesangboek kerk toe gebring het nie, maar duidelik was die screen met die animasies en prentjies en lirieke daar sodat almal kan lees.
Wat ek wel die oom moet toegee, is dat hy die sleutelwoorde van sy preek tussendeur op die skerm geflits het, wat goed gewerk het. Ek kon sy preek duidelik volg, sonder misverstande, en baie van die goed bly by nou nog by... iets wat nie altyd gebeur nie.
'n Tannie het vir die kindertjies wat gedoop is, gesing. Dit was natuurlik mooi en het seker goed bygedra tot die Kerklike Konsertbeeld.
Maar die hoogtepunt vir my, was toe daar hande geklap is. My eerste keer wat ek dit in 'n NG Kerk beleef het. Ek sien niks daarmee verkeerd nie, maar wat moet ek aflei uit sulke gedrag?