Monday, July 10, 2006

My vakansiewerk

En hier sit ek nou. In die SABC kantoor in PE. Lekker!
Alles hier is so opwindend...
Radio en TV word saam gedoen. Ek was vanoggend saam met radiojoernalis Veronica Fourie en TV-verslaggewer Janine Lee uit op 'n storie in die townships buite PE. Die storie: Tydens die jare van groot onrus het die mense in die towships hul huise oor geverf sodat die veiligheidspolisie nie die nommers op hul huise kon herken nie. Vandag is talle van die huise met nommer gemerk sodat die ambulans en polisie vinniger die plekke kan vind.
Die storie word hopelik vannaand op TV News, Nuus en môre op RSG uitgesaai.