Saturday, September 23, 2006

Google

Hierdie is nogal vir my interessant. Google se mees gesoekte items vir Suid-Afrika vir Julie 2006.

This is interesting to me. Google's most searched for queries for South Africa for July 2006.

1. Absa
2. Vodacom
3. Cristiano Ronaldo
4. World Cup 2006
5. Paris Hilton (photo)
6. Standard Bank
7. News24
8. Unisa
9. Sars
10. Jobs
11. Nokia
12. Nedbank
13. Vodacom4me
14. iol
15. mig33

Weg/Away

Ek vra omverskoning dat ek so lanklaas geblog het. Het so baie opstelle gehad en toe 'n weeklange vakansie - die foto's sal binnekort hier op wees.

I apologise for not blogging in quite a while now. I had so many work to do before going on holiday - photo's to be posted on the blog.

Friday, September 22, 2006

Die res van die e-pos

Die volle e-pos: (Hierdie is so snaaks!)

Indien u ons eie "loslappie" Kurt Darren ontmoet, kan dit tot ongemaklikheid lei indien u te lank staar na sy misvormde gesig. Begeef uself in die feit dat sommige manne ook partykeer grimering dra.

Indien u die Groep twee sanger en Wielie Walie aanbieder Gert vanTonder raakloop, sal dit onvanpas wees om te vra of hy enigiets te doen gehad het met die gay kouse wat so in en uit die kas was op die stel van Wielie Walie. Gert was net 'n aanbieder van die program en ek weet ook nie of hy nog leef nie.

Wees taktvol wanneer u die sangeres Juanita du Plessis ontmoet. Sy is wel 'n gewilde Afrikaanse ster, maar het nog nie die taal onder die knie nie. Gebruik klanke soos oi-oi en pattei-pattei indien u met haar wil kommunikeer.

Indien u die immergewilde Anneli van Rooyen ontmoet, moenie woordspelings maak oor haar "Eerste liefde" nie. Mense bly ongehuud vir verskeie redes.

Dit is uiters swak smaak (en mag dalk tot 'n blouoog lei) indien u die,sangeres Amore Vittone-Van der Westhuizen vra of sy net kinders kry om in die kollig te bly. Net omdat u dink dat sy 'n betwyfelbare sangtalent het, beteken dit nie dat u haar so mag beledig of, in haar geval, bemoedig nie.

Dit sal onvanpas wees om vir Andre Schwartz te vra of hy mense verkies soos in sy musiekvideo "Ek wil jou nooit weer sien" - manne geklee in vroumensdrag.

Indien u 'n ongetroude man is tussen twintig en vier-en-tagtig, sal ek aanraai om liewer nie die geselskap van Sunette Bridges op te soek nie. Geen ordentelike, Calvinistiese man moet tot sulke laagtes daal nie. Haar nuutste treffer: "Vry my, Skei my" sal ook op die rakke wees binnekort, teen 'n afslagprys van R70. Ja, hulle betaal jou om die gemors uit hul winkel uit te dra.

Dit sal onbeskof wees om, in geselskap met Theuns Jordaan, te verwys na sy stem as 'n "brul van 'n lesbiese leeu". Lesbiese leeus kan nie brul nie. Gelukkig sal hulle ook nie enige nasate hê nie, en ons kan net hoop dat ou Theuns die wêreld 'n guns sal doen en nie kinders voortbring nie.

Rina Hugo sal nie geamuseerd wees indien u haar vra "Is daai mal spinnekop agter die perkussiestel van Noot vir Noot jou kind?" en "Ek wonder hoe hy daar gekom het?". Wees taktvol en bly maar liewer stil. Wees bly dat u nie so 'n kind het nie. Kou eerder aan jou elmboog om die tyd om te kry.

Die jong talent Nadine sal aanstoot vind, indien u haar vra "Wanneer hou jy op?". Onthou, swak smaak verskil.

Indien u Jurie Els raakloop, slaan hom net dood asseblief. Hy sal langs 'n afgetrede atletiese figuur loop. Onthou, Jurie sal die korter, gegrimeerde een wees van die twee.

Tuesday, September 05, 2006

Steve Hofmeyer

En die e-mail gaan voort...

Indien u Steve Hofmeyr raakloop, moenie vra vir 'n a capella weergawe van sy treffer "Pampoen" nie - hy mag dit dalk net doen. Dis ook slegte maniere om die Flashpoints advertensie (jy weet, die een met Patricia Lewis in) vir Steve op 'n diskrete manier aan te gee.

Sunday, September 03, 2006

Ek kry vannaand dié in my inbox:

Geagte aanhangers, psigotiese vrinne en eienaars van selfbehepte,kleinlike en gebruikersgedrewe lewens. Vir jul plesier en tydverdryf, my handleiding oor Situasies. 'nUitgawe van gemors, gegorrel uit my onuitputbare bron van sarkasme enberugte lewenservaringe.
Groetnis
LM

Hoe om korrek op te tree wanneer jy jou gunsteling Afrikaanse sanger ontmoet:

Wanneer u die gewilde minnesanger Dozi raaksien, kyk op... anders sal hy jou nie sien nie. Maak seker u spreek die "z" korrek uit. Dit is slegte smaak om hom uit te vra oor hoekom sy asem so stink. Moet ook nie woorde gebruik wat meer as 3 lettergrepe bevat nie, praat stadig en duidelik en in Zulu. Onder geen omstandighede moet jy 'n drukkie aanvaar nie, geen homo sapien sal meer as 2 sekondes onder sy suur kieliebakke oorleef nie.

Daar is hope meer, maar alles in die verloop van onrusbare tyd!