Monday, August 21, 2006

Vakansie foto's

Nog foto's. Kyk na die post wat volg.

Ek en Veronica Fourie van die SABC kantoor in Port Elizabeth by die vertoonkas met poppe.

Een van die poppe knip glo hul oë wanneer mens foto's neem, die ander straal 'n teenwoordigheid uit, volgends die siener op Humansdorp, Yvonne Naudé.
En daar sit ek en werk aan my spookstorie. Op die agtergrond is Janine Lee (SABC TV Nuus).

Iets waarin ek nog graag meer ondervinding wil opdoen, is TV. Ek vind dit geweldig interessant en lekker, al het ek nog geen stories vir TV geproduseer nie.
En die lekkerste was toe ek en Henro sushi geëet het die een aand.

Ek het by Henro en Anetje gebly vir die twee weke lange vakansiewerk by die SABC. Wat 'n ervaring!