Wednesday, June 14, 2006

Die lewe is soos 'n waterval...

Hallo almal en welkom by my nuwe blog. Die oue het my geirriteer en dus skep ek maar vir my 'n nuwe een met 'n vars look.
So 'n paar dinge: Ek is Afrikaans. Soos in totaal en al Afrikaans. Maar ek skryf al vir Die Burger sedert ek in Graad 10 was, het my eie koerant besit, werk gedoen op radiostasies en gemeenskapskoerante... Kortom: Ek love Afrikaans en ek love joernalistiek.
Toe kom swot ek op Rhodes. Alles Engels. En so liberaal as kan kom. Liewe mense! Vir my wat van 'n klein konserwatiewe gemeenskap kom was dit nogal 'n aanpassing.

Maar hier sit ek nou, 6 maande later met die beste, ondersteunende vriende waarvoor mens kan vra. Dis nou my vriende hier, dié wat saam met my in die blogosfeer kuier, kontakte en ménse! Hierdie 6 maande was so stormagtig soos 'n waterval. Die water beweeg dikwels al hoe vinniger en gebeure vorm saam 'n maalkolk van probleme wat dramaties op skerp rotse neerplons. Maar sit ek en kyk terug na die 6 maande wat reeds verby is, sien ek hoe alles nodig was om 'n pragtige natuurtoneel te skep.

Klou vas, want hierdie is 'n rowwe ride!